Na Labour Day is die somer offisieël verby gewees, en die naweek daarna is ons af strand toe. Die weer is toe net mooi 'n pragtige somersdag soos ons dit in Joburg ken. Ons het vir Jean-Francois en Lorance in Hoboken gaan optel en gery na die ooskus toe, omtrent so 1 uur se ry weg. Ons het vir nog 'n uur suid gery op soek na 'n stil, mooi strand. Daar het ons die dag gespandeer, en gedoen wat mens doen op 'n strand - so min as moontlik. Ons het albei met 'n ligte tan teruggekom na ons vir omtrent 'n uur in die son aan die slaap geraak het. Die son hier is nie so gevaarlik soos SA s'n nie, anders sou ons well-done gewees het.
Hierso is Jean-Francois, Lorance en Mariet op die strand.
En hier is ekke met 'n chick aan elke arm!