Mariet en ek het vir die Franse gaan kuier in Hoboken. Lorance het vir ons 'n Franse gereg voorberei (Blanc Blanquette) wat baie lekker was, en ons het 'n baie goeie Franse wyn geniet. Na nog 'n bottel wyn en verskeie biere het ons afgestap deur Hoboken, wat soos Melville is, om saam met een van Jean-Francois se band-lede te kuier in die Whiskey Bar. Dis 'n glas water wat Mariet vashou. (nee, rerig).
Daar was 'n live band gewees wat lekker classic rock gespeel het. Die mense het ons effe snaaks aangekyk toe Mariet en ek begin sokkie het. Later die aand het ons na die hawe toe gestap. Die liggies van manhattan is op die agtergrond.
Ons het by Jean-Francois en Lorance oorgeslaap en die volgende oggend weer by die hawe 'n foto geneem. Die Empire State gebou steek sy kop daar uit.
Daar is 'n klein parkie met gras en watervalle op dieselfde plek. Die mense was besig om te tan, en dit in die algemeen soos 'n groen strand te hanteer. Baie rustig. Mens kan vir ure die skippies dophou wat verby kom.
einde van Whiskey bar fotos.