Laas Woensdag is ek saam met Mariet na Washington DC toe, en ek sou toeris speel terwyl hulle werk. Darem het dit so uitgewerk dat Mariet die Vrydag ook afgekry het en ons kon saam die plek besigtig. Dis nie lekker om op jou eie rond te loop nie.
Hier is ons tweetjies voor die Withuis. Verbasend hoe naby mens kan kom aan die plek, sonder om eers ondersoek te word of andersinds intimideer te word. Daar is egter heelwat polisie op die plek, en 'n paar skerpskutters wat op die dak rondloop.. Jy mag ook nie jou kamera op 'n tripod sit nie - hulle is seker bang daar is 'n geweer in..
Ons was ook by die Smithsonian gewees, en hier is die hoof admin gebou. Meeste van die geboue is so groot ons moes kreatiewe fotos neem om hulle in die prentjie te kry.
'n Foto van die Washington monument, met my heel onder. Mariet moes omtrent 'n ent loop om ons albei in die foto te kry.
Nou was dit weer my beurt gewees om kunstig te raak.. Wat dink julle van hierdie samestelling?
En hier is ons by die Lincoln Memorial.
Twee toeriste voor die capitol gebou. Afgeneem deur 'n Chinese toeris :-)
Mariet in die Ruimte Museum.
Rynhardt op dieselfde plek. Spot the difference.
Mariet in die Botaniese Tuine. Daar is heelwat Suid Afrikaanse plante daar.
Volgens die plakkaat langs Mariet, is hierdie 'n Silver Coral Kleinvaring van South Africa.
Hiee is ons in die Hard Rock Cafe in Baltimore, oppad terug huis toe.