Half jaar update

Ons eerste braai van die jaar, in 'n “State Park” naby Morristown.

jy kannie die braai uit die boer kry nie

Ons het ook vir 'n stappie gegaan, deur 'n ander “State Park” so 'n ruk terug. In die foto is VLNR Johannes, Petro, Mariet en ek.

soos kluite op 'n klip.. of iets

Ons het bietjie werk ingesit in ons stoepie. Mariet en ek het 'n tafel en bankies gebou, en is nog besig om plante en hangbakke en wind-chimes en kerse en goeters op te sit. Ons beplan om meer buite te eet as die weer die toelaat.

plantjies, plantjies staan in 'n ry

Hierso is die publiek stoorplek waar ek gewerk het.

BBIIIGG powertools

Petro het baie goed gedoen akademies en die County College of Morris (waar sy swot) het vir haar heelwat toekennings en selfs 'n geld-bonus gegee. Hier is sy met 2 van haar toekennings.

kyk net hoe deftig!

En die lank verwagte “Graduation”!! Petro is die een op die verhoog.

Vat vyf! ou maat!

Nog 'n kiekie van Petro, regstreeks buite die onthaalsaal.

I hooooolllddd, in my haaaaaannnddd, the key!!

Hier's ons by 'n stopplek langs Lake Ontario. Die varswater meer is omtrent so groot soos die hele New Jersey. Dit is vir all intents and purposes 'n varswater see.

hmmm.. ek wonder of ons hierdie bord in die boot kan pas..

Hier's ons by 'n rustige hawe langs Lake Erie, wat nog groter is as Lake Ontario. Daar is 'n nou kanaal waar die twee damme bymekaar uitkom, maar hulle verskil in hoogte, en dit is waar die Niagara Falls gebeur.

Casual pose struck after trying not to fall off rock while camera timer counts down.

Mariet voor die Niagara Falls se een gedeelte. Hierdie is omtrent 'n kwart van die Falls, dit gaan nog aan agter die bergie in die middel. Kanada is regs oorkant die rivier.

dis baie water daai.

Mens kan afgaan na die rivier toe, en dan die Falls van die onderkant af besigtig. Die massa water wat so naby verby stort is nogal indrukwekkend en as die wind reg waai dan raak almal sopnat van die sproei.

shower time

..terug na tuisblad..