Ons kar

Ons kar is 'n Chevrolet Malibu. Dis 'n baie gerieflike kar. Ek raak nog gewoond aan die automatiese kar. Dank net my sterre dis nie 'n handrat nie, want om ratte regs te verander is net heeltemal verkeerd.

Daar is twee pedale. Een versnel. Een stop. Die derde pedaal is die parkeerrem. (ja ek weet daar's 3 pedale, ek kyk net of julle oplet). Die ry-ligte is aan in die dag, en die hoofligte kom self aan as dit donker word, of as die wipers aan is. Ek weet nie eers of daar 'n actual ligskakelaar is nie. Die kar kla as daar iets fout is, met so 'n irriterende 'pieng'. Byvoorbeeld as die petrol, skuus 'gas', klaar is. Of as jou veiligheidsgordel nie vas is nie. Of as 'n deur oop is terwyl die enjin loop. Seker alles baie veilig en so aan. Die deure sluit self as jy bo 5mph ry. Natuurlik air-con, power alles, remote key wat selfs die bagasieruim remotely oopsluit, baie handig as jou hande vol shopping is.

3L V6. Seevlak. Net jammer die spoedgrens is so laag.

Die silver kar in die middel is ons s'n. Dis omtrent so groot soos die groen Camry langs hom.

Ek is nog op soek na 'n ander kar vir my.

Die versekering is egter nogal duur, en vir 'n jaar kos meer as die kar wat ek wou kry. So nou moet on eers on New Jersey bestuurslisensies kry voor ons weer aansoek doen, dan sal die versekering seker goedkoper wees.

Dis al vir nou.

..terug na tuisblad..