2087 myl in 4 dae. Dis nogal 'n ent. Aan die begin het ons dit rustig gevat en die scenic roetes gevat, maar die laaste twee dae moes ons haastig raak om terug by die huis te kom. Die spoedgrens op die interstate in van die ander state is 70mph, en so nou en dan kom daar 'n trein van karre deur wat 90mph doen - dan val mens maar in en maak tyd op. Sien dan nie veel van die land nie, behalwe as mens stop om vol (en leeg) te maak. Hier is die foto's in geen spesifieke volgorde..
Hier ry ons deur die Amish gedeelte van Pennsylvania. Ja, die perdekarrietjies deel die pad met die ander verkeer en die perde is glad nie gepla nie. Die mense trek ook nes die movies aan, swart pakke en hoedens vir die mans, swart rokke en bonnet vir die vrouens. En hulle bly sommer tussen die "normale" amerikaners.
Dis nou travel in staail. 'n Motorhome wat 'n SUV trek, vir wanneer die afgetredes wil rondry. Daar is heelwat van die monsters op die pad.
Dis koud gewees, veral in die berge. Ons het op die Appalachian trial gery. Honderde myle van immaculate teerpad met draaie uit die hemel, scenery wat nie stop nie en omtrent geen ander verkeer nie. Wanneer ek die bike het, kom ek hiernatoe. Net in die somer.
On the road again..
Jack Daniels Distillery in Tennessee. Die toer van die plek is die moeite werd gewees, van water, hops, rye en mielies, tot lekker lekker Tennessee whiskey. Ou Jack het al op 13 jarige ouderdom die distellery by 'n minister gekoop en besigheid begin. Hy het blykbaar eendag die kluis in sy kantoor geskop toe hy die kombinasie vergeet het, en sy toon gebreek. Die het toe nooit heel geword nie en hulle moes eers sy toon, toe sy voet en toe sy been afsit. Hy is ook kort daarna dood aan gangrene. Die dorp Lynchburg het omtrent 350 inwoners, waarvan meeste vir die distillery werk. Die werkers is ook presies soos in die advertensies, en daar kom tye waar hulle letterlik net kan wag vir die whiskey om reg te kom. Baie rustig. Lynchburg is in 'n droë county, wat beteken jy kannie dop koop nie. Daar is egter net een plek, en dis in die Jack Daniels se memorabilia kantoor, waar jy spesiaal volgens wet 'n bottle Jack kan koop. Die distillery het groot stoorplekke waar die Whiskey vir 4 jaar verouder. Een stoorplek is so groot soos 'n rugbyveld, en 7 verdiepings hoog. Net die State Tax op een so 'n gebou se whiskey is $13 miljoen. Daar is 72 sulke stoorkamers. Do the math. En dis net die State Tax.
Mariet in.. uh.. Marietta. Cool, huh. Ons soek nog 'n Rynhardtta.
Mobile homes feature quite a bit on the landscape. Prefabricated homes on wheels. Hierso is ons by 'n plek wat die huise verkoop. Amper soos 'n kar handelaar, behalwe dis nie karre nie. Meeste het seker maar low mileage op. haha.
Die Red Carpet Inn is waar ons die Thanksgiving aand gespandeer het. Die eienaars het 'n regte tradisionele Thanksgiving ete voorgesit, verniet, wat heel lekker was. Dis nou Kalkoen en gravy, mash potatoes, corn bread stuffing, bean salad met mushrooms, sweet potato en pumpkin pie.
Dis hoe hulle nuwe trokke aflewer. Nogal freaky om die kombinasie verby jou te sien stoom teen 70mph op die interstate.
Outdoor air-conditioning. Hou die Amerikaners koel-kop. Om te oordeel aan die sneeu in die voorgrond werk dit nogal goed.