Trip en goete - goete - Desember '02

Weereens is die laaste filmrol ontwikkel met 'n paar prente op waarvan ek al vergeet het. In plaas daarvan om dit by die ander webblaaie in te probeer pas, gaan ek dit maar net in een inprop. As iemand wil kla, sal ek 50c sponsor om iemand te bel wat omgee.

Hierso is Mariet en ek en 'n ander persoon wie se naam ek vergeet het by Klaus en Glodi se Halloween Party. Ekke was 'n koeiseun en Mariet 'n Rasta!

halloween by ander mense se plek.

Hierso is nog iemand wat julle ken, (name witheld to protect the not-so-innocent).

The curse of the mummy : haakspelde!

Hier is ons besig om die eerste SA braai by ons huis te hou, kompleet met braaivleis, kerriebone, koper-pennie wortels, pap en sous.

Ah, regte kos.

Die braai! (spiced gold en coke op die voorgrond)

Check daai vleis!

Mariet lê kerriebone in. Baie cool.

Darem nie kaalvoet en...

Die hare het gewaai.

He(a)re today

Nou's ek weer soet.

Gone tomorrow

En die toneelstuk wat ons op Broadway gaan sien het, saam met Daniel. Ons het sitplek 2de ry van voor gehad. Dit was moer cool.

we did Broadway!!

..terug na tuisblad..